Kontakbesonderhede

Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors

Wenke aan Voornemende Telers

1. Boer met die ras of tipe skaap waarvoor jy lief is, of wat jou aantrek.

Liefde vir jou dier gaan hand aan hand met goeie versorging, beter teel metodes en uiteindelike sukses.

2. Moet nooit die belangrikheid van jou ram onderskat nie, hetsy stoetram of kudderam.

Die ram het die grootste invloed op die kudde, en om te verbeter is dit noodsaaklik dat van die regte tipe ramme gebruik gemaak word.

As jy ‘n ram koop moet jy jouself tevrede stel dat jy tevrede sal wees as die ram teel soos hyself is; moet nie van jou ram verwag om beter te teel as wat hyself is nie. Koop liewer ‘n ram waarvan rekords beskikbaar is en stel vas wat die produksierekords van sy lammers is. Indien dit ‘n jong ram is waarvan sulke gegewens nog nie beskikbaar is nie, let dan op die volgende:

  • Wie sy vader is, en die produksierekords van sy vader se ander lammers
  • Wie sy moeder is – het sy gereeld gelam en was haar melkproduksie voldoende om haar lammers genoeg in gewig te laat toeneem oor ‘n sekere periode. Dit is eienskappe wat jy verwag jou ram in sy nageslag moet oorplant, en hoe kan hy dit doen as hy geneties nie daartoe in staat is nie.

3. Moet egter ook nie die belangrikheid van ‘n goeie teelooi onderskat nie.

Daar word gesê dat jou ram die helfte van jou kudde is, maar die ooi is die fondament van die kudde; die belangrike fondament waarop alles gebou is. Let veral op die volgende eienskappe by die ooi:

  • Gereelde reproduksie.
  • Moedereienskappe soos genoeg melk en of sy erg is oor haar lam.
  • Gehardheid van die ooi om ‘n goeie lam onder moeilike omstandighede te lewer en weer gou te reproduseer.

4. Hou produksierekords

Rekords stel die teler in staat om die seleksie wat hy doen op ‘n vaste fondament te grond, deurdat hy die nodige gegewens waarvoor hy selekteer op wit en swart tot sy beskikking het. Die enigste manier om die teelwaarde van jou ram of ooi vas te stel is deur produksie en nageslag rekords. Dit skakel alle raaiwerk uit, en plaas jou teling op ‘n vaste fondament.

5. Sorg dat jy op hoogte is met die ras standaarde en teel rigtings van die Vereniging van jou ras.

Dit is noodsaaklik dat jy op hoogte van alle sake rakende jou ras en Vereniging moet wees. Probeer soveel lesings en demonstrasies as moontlik bywoon; geen mens is so volleerd dat hy nie van iemand iets kan leer nie. Baie telers wat eiesinnig was, het hulle later in ‘n woestyn van teling bevind waaruit hulle nie kon loskom nie.

Ons Jongste Artikels