Kontakbesonderhede

Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors

Welkom by Van Rooy Skaaptelersvereniging

Die Vereniging beywer hom vir die verbetering van die Van Rooy-Skaap en derhalwe het dit ‘n inspeksie diens waaronder belangstellende boere se skape deur inspekteurs van die Vereniging geïnspekteer of gekeur word.

Stoetskape word vir identifikasie in die regteroor getatoeëer. Voornemende Van Rooy boere kan ook deur die Vereniging skape aankoop en sodoende seker maak dat hulle gekeurde ras-egte diere bekom.

Elke twee jaar word ‘n Nasionale Kampioenskapskou gehou onder beskerming van die Van Rooy-Skaap telersvereniging. Die verbetering in die gehalte van die diere kan hier baie duidelik waargeneem word.

Tans organiseer die Vereniging ook ‘n jaarlikse ram-en ooi veiling van gekeurde diere. Ook word van tyd tot tyd ‘n Van Rooy-Skaap dag gehou waarop die ras standaarde en punte toekennings verduidelik word. Ander interessante lesings van belang word ook by so ‘n dag ingesluit.

Ons Jongste Artikels